Liberty/Webb United speel teen Tarrie United tydens die Jeugdag-netbaltoernooi op die Abattoir-sportterrein in Strand.
Liberty/Webb United in aksie teen Tarrie United tydens die Jeugdag-netbaltoernooi by die Abattoir-sportterrein in Strand.

Liberty/Webb United speel teen Tarrie United tydens die Jeugdag-netbaltoernooi op die Abattoir-sportterrein in Strand.
‘n Netbaltoernooi is Maandag op Jeugdag
(16โ€‰Junie) by die Abattoir-sportterrein in Strand vir plaaslike spanne van drie Helderberg-wyke aangebied. Tien spanne van wyke 84 (Somerset-
Wes en Sir Lowry’s Pass), 85 (Strand) en 100 (Strand en Gordonsbaai) het aan die toernooi deelgeneem en almal was gretig om die medaljes op te raap. Liberty/Webb van Weltevreden in Strand het met die jeugdige oorwinningsbuit
weggestap, maar almal het ‘n prettige dag gehad. Nรก die kompetisie kon almal as vriende saam aansit danksy kos wat deur Strand Outreach en Evi’s Kitchen vir deelnemers sowel as ondersteuners verskaf is. Foto: Liberty/Webb United spook sake uit teen hul Strand-teenstanders Tarrie United op pad na die wentrofee.
Die wenspan Liberty/Webb United saam met afrigters en raadslede na die Jeugdag-netbaltoernooi in Strand.
Liberty/Webb United was die algehele wenners. Agter van links: Shandre Engelbrecht, Kershaw Neels, Ameena Latief, Lauren Abrahams, die wyk 85-raadslid Chantal Cerfontein, die wyk 84-raadslid Norman Mcfarlane, Launay Puffin, Zainab White (Strand Outreach Kitchens), Shanerma Cassiem en Jalen Morris. Voor: Chiomma Pala saam met Rabia Roman en Fazlin Morris (die afrigters van Liberty/Webb).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article