Helderberg het Saterdag (14 Mei) sy taai kragmeting teen Hands & Heart by die Eikendal-sportterrein in Kraaifontein met 28-36 gewen nadat hy met die omdraaislag reeds 7-26 voor was.

Die tuisspan was binne die eerste vyf minute 7-0 voor ná ’n verdoelde drie.

Berge se blitsige regtervleuel, Jody Koul, het die bal in die 21ste minuut netjies beheer en die lengte van die veld vir ’n skitterdrie onder die pale afgelê. Die skrumskakel, Michael Visser, het verdoel (7-7).

Slegs vier minute later het Koul die aksie herhaal en weer die lengte van die veld genael om agter die pale te druk. Visser slaag met die doelskop (7-14).

Nog vier minute later het die kaptein en agtsteman, Conway Pretorius, vir sy span se derde drie oorgesweef. Die doelskop was egter mis (7-19).

Koul het in die 50ste minuut weer deurgenael en sy driekuns aangeteken. Visser het ook ’n driekuns behaal (7-26).

Hands & Heart het in die 56ste minuut gedruk en die doelskop het geslaag (14-26). In die 62ste minuut het Berge se buitesenter, Quiwen Bauman, deurgesny en die bonuspunt-drie gedruk. Visser het die ekstras bygevoeg (14-33).

’n Paar minute later het die plaasvervanger-skrumskakel Marshall Douman met ’n strafdoel geslaag (14-36), en in die 74ste minuut het die tuisspan weer gaan druk (21-33). Hands & Heart het kort voor die eindfluitjie ook sy bonuspunt-drie gedruk (28-33).

Vir Berge was Koul skitterend, terwyl Pretorius, Visser, Bauman en Estehan Visagie puik vertoon het.


Ander uitslae:
Helderberg II 12-20 Hands and Heart II; Helderberg o.20A 40-24 Hands and Heart o.20A; en Helderberg III 53-3 Goodwood.

Berge speel nie ligawedstryde hierdie Saterdag (21 Mei) nie. Sy volgende wedstryde is Saterdag 28 Mei in die Charles Morkel-stadion teen Primrose.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article