Die heldin Deidré Wagenaar en haar kleinboet, Duane, voor sy lewensreddende beenmurgoorplanting.

Deidré Wagenaar (5) is haar kleinboet, Duane (4), se heldin nadat sy beenmurg aan hom geskenk het, Maandag 10 Maart.

Die Wagenaar grootsus het die vraag, ‘Is ek my broer se wagter?’, met ‘n hartlikke ja beantwoord nadat sy as ‘n skiktelike skenker verklaar is.

Dapper Duane is net na sy eerste verjaardag gediagnoseer met akute limfoblastiese leukemie in 2021. Na twee jaar, 799 dosies van chemoterapie, 16 bloedoortappings, 12 lumbale punksies en sewe operasies was hy kankervry verklaar. Maar in Augustus 2024, het hy teruggeval na bloedtoetse verwys dat die kanker terug is (‘Help Duane met sy kankerstryd’, DistrikPos & Helderberg Gazette, 16 Oktober 2024).

Die dapper vierjarige is toe op ‘n sterker chemoprotokol gesit nadat hy ‘n weerstand teen die voormalige chemoterapie opgebou het.

“Ons was bekommerd omdat hulle kon nie die kanker onderbeheer kry nie,” sê René, die kinder se ma. “Maar toe kry ons ‘n deurbraak met immunotherapie.”

Immunotherapie is ‘n kanker behandeling waar die pasiënt se immuunstelsel gebruik word om siekte te veg. Duane het vir twee siklusse van 29 dae se behandeling onvang. Na dit was hy weer in remissie.

Dis waar ons helderin in kom. Die Wagenaar familie het almal toetse gedoen in 2021en Deidré is as ‘n 100% skiktelike skenker vir haar broer verklaar. Maar dokters was bang vir die impak om die sibb se klein liggame.

“Dit sou ‘n groot hou op ‘n klein lyfie gewees het,” sê René. “Die keer het ons haar gevra en sy het ja ge sê omdat sy wou boetie help.”

Met haar heldedaad is dit maklik om te vergeet dat sy is maar net ‘n vyf-jarige meisie. Toe die naald vir die bloedtoetse uit kom was sy baie bang. Ongeag van Deidré se vrees het sy die inspuitings aangedurf.

Vir haar ouers was dit bittersoet. Die feit dat hul oudste dogter blootgestel is aan hospitale was hartseer en hul het vir die dokters gevra om ‘n ander skenker te soek. Aan die anderkant omdat dit sy sussie ‘n skiktelike skenker is, versterk dit die kanse dat Duane se liggaam die oorplasing sal aanvaar.

Deidré was Sondag 9 Maart in die hospitaal opgeneem en die volgene dag is haar beenmurg geoes. Dinsdag het Duane die infusie suksesvol onvang.

Die Wagenaar familie weet daar is nog ‘n lank pad vorentoe en dat Dapper Duane steeds ‘n hand vol pille moet gebruik asook ondersoeke vir die res van sy liewe.

Die famile wil hê die sibb se storie moet vir ander mense ‘n voorbeeld wees dat bloedskenking en om ‘n beenmurgskenker te wees kan lewens red.René is dankbaar aan Tokkie Venter van STEM Nerds. Hulle is ‘n buitemuurse program wat vir jong mense bekend stel aan Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde.

Die organisasie het Woensdag 5 Maart ‘n partytjie vir Deidré gereël by haar kleuterskool, Klein Lochieland, in die Strand, vir haar laaste dag voor die chirurgie. Die dag van die suster se oes het skole in die Helderberg, ‘n oranje dag gehou om die sibb te ondersteun.

STEM Nerds in samewerking met ander organisasie sal ook ‘n leukemie bewusmakingsdag by Laerskool Lochnerhof in die Strand aanbied Donderdag 20 Maart. Suid-Afrikaanse Beenmurg Register sal daar wees om enigiemand wat belangstel om aan te teken as ‘n beenmurgskenker te help. Die Wes-kaap Bloedbank sal ook teenwoordig wees om hul dienste aan te bied. Vir meer inligting oor die bewusmakingsdag kan jy vir Venter kontak by 083 784 5870 of via e-pos tokkie@stemnerds.co.za.
Easy2LearnKids Onderwys Sentrum wys hulle ondersteuning vir Deidré en Duane Wagenaar tydens die oranje dag Maandag 10 Maart.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article