Hoërskool Strand-leerder Louie Smit het Saterdag 16 Maart aan ’n karatekompetisie by die Mbekweni-gemeenskapsportsentrum buite Paarl deelgeneem. Louie het bronsmedaljes in die kata- en kumite-afdelings gewen. Hy het ook Saterdag 30 Maart aan die Shotokan-karate-kompetisie, ’n vriendskaplike klubkompetisie, in Caledon deelgeneem. Hy het ’n silwermedalje in die junior afdeling gewen, en ook in die senior afdeling meegeding waar hy ’n bronsmedalje gewen het.Foto:


Harde werk beloon

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article