Alexander Smit, ’n gr. 11-leerder aan die Hoërskool Strand, het Sondag 21 Februarie aan die Wes-Kaapse Laser Run in Durbanville deelgeneem en uitstekend gevaar. Hy het die eerste plek vir o.19-seuns gewen en is vir die provinsiale span gekies wat Sondag 28 Maart by Somerset-kollege aan die 2021- SA Laser Run-kampioenskap deelgeneem het. Hier het die talentvolle atleet die tweede plek in sy ouderdomsgroep behaal en hy kan moontlik vir die SA Laser Run-span vir die 2021- Laser Run-wêreldkampioenskap in Egipte gekies word. Alexander het Saterdag 6 Maart aan die Wes-Kaapse vyfkamp-kampioenskap by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch deelgeneem en die eerste plek verower, wat hom deelname aan die nasionale vyfkamp-kampioenskap by Somerset-kollege op 27 Maart besorg het. Alexander het in die strawwe kompetisie weer eens as naaswenner uit die stryd getree en van die land se beste skermatlete geklop.


Haastige Alexander kán skiet!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article