Joscelyn van Wyk (o.14) van Laerskool Hendrik Louw het beïndruk met haar swemvernuf.Foto’s: Tasmin Cupido


Atlete van Laerskool Hendrik Louw en Somerset-Wes Primêre Skool het verlede week op die krieketveld, tennisbaan, atletiekbaan en in die swembad mekaar die stryd aangesê by die jaarlikse Benbel-interskole.

Die atletiek, tennis en krieket-kragmetings is deur Louwtjies aangebied, terwyl die historiese swemgala by Summies gehou is. Dit was die eerste keer dat die skole mekaar in die swembad gepak het, maar nog meer merkwaardig is dat dit die eerste keer is dat Louwtjies se swemmers aan ’n gala deelneem.

Louwtjies het die krieket, mini-krieket, tennis en atletiek gewen, terwyl die swemmers van Summies net te sterk vir hul opponente was.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article