Die o.18A-meisieshokkiespan van Hoërskool Strand het Saterdag 14 September ’n span oudleerders in ’n uitdaagwedstryd die stryd aangesê. Dit was ook die laaste keer dat die gr. 12-leerders vir die skool in aksie was. Die “Old Girls” het deeglik hul staal gewys en soms vir opwindende oomblikke gesorg, maar die hokkiespan se fiksheid het die wedstryd uiteindelik 3-0 in hul guns beklink. Later die aand is ’n afsluiting van die seisoen saam met die spelers en ouers gehou, waar gesellig gekuier en amptelik van die vier gr. 12-spelers afskeid geneem is.Foto:


Gr.12-spelers gee oudleerders behoorlik slae

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article