Die Macassar-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het verlede Donderdag (8 Mei) ‘n polisie-imbizo aangebied. Die Imbizo was daarop gemik om veiligheid in Macassar te verbeter. Edward Visagie, die voorsitter van die Macassar-GPF, het verskeie veiligheidsteenwoordigers verwelkom en op die openbare vergadering het die paneel kwessies oor veiligheid in Macassar bespreek. Die paneel (van links) was Peter Helfrich, lt.kol. Arnold Roux (stasiebevelvoerder), Reagen Allen (lid van die provinsiale parlement), brig. Khuthala Masakala, Marlon Solomons en Dean Rulse. Foto’s: Barend Williams

The current image has no alternative text. The file name is: IMG_0086_21042.jpg
Die Macassar-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het verlede Donderdag (8 Mei) ‘n polisie-imbizo aangebied. Die Imbizo was daarop gemik om veiligheid in Macassar te verbeter. Edward Visagie, die voorsitter van die Macassar-GPF, het verskeie veiligheidsteenwoordigers verwelkom en op die openbare vergadering het die paneel kwessies oor veiligheid in Macassar bespreek. Die paneel (van links) was Peter Helfrich, lt.kol. Arnold Roux (stasiebevelvoerder), Reagen Allen (lid van die provinsiale parlement), brig. Khuthala Masakala, Marlon Solomons en Dean Rulse. Foto’s: Barend Williams
Edward Visagie, wat op Maandag 7 April as voorsitter van die Macassar-GPF verkies is, het tydens sy toespraak ander lede van die GPF na die verhoog geroep om hulle aan die gemeenskap bekend te stel. Hy het ook die algemene verbrokkeling van die gesinstruktuur in dié gemeenskap veroordeel, en uitgelig dat dít glo die rede vir maatskaplike euwels is.
Wyk 109-raadslid Peter Helfrich het aangekondig vyf metro-polisiebeamptes sal teen die einde van die jaar in dié wyk ontplooi word om die beperkte veiligheidshulpbronne in Macassar die hoof te bied.
Lt.kol. Arnold Roux, die Macassar-polisie se stasiebevelvoerder, het die misdaadsyfers vir 2024-’25 voorgelê. Die grootste bekommernis is Macassar Village-, Chris Hani- en Riverside-gemeenskap, waar 58% van alle misdade plaasvind.
Tydens die vraag-en-antwoordsessie het gemeenskapsaktivis Christiaan Stewart die GPF uitgevra oor hoekom nie voldoende kennis aan die skole en ander gemeenskapsorganisasies gegee is oor die Imbizo nie.
Die Imbizo het ontwrig toe Sibelo Mnguni die Macassar-polisie daarvan beskuldig het dat hulle hom onregmatig in hegtenis geneem het en hulle van korrupsie beskuldig het terwyl Ricardo Abalson die projekkoördineerder vir die Macassar GPF probeer het om die mikrofoon van hom weg te stoei.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article