Dié groep leerders van Hoërskool Parel Vallei het verlede November die vlak 1-skeidsregterkursus voltooi en almal met ’n gemiddelde van 90% geslaag. Die 23 leerders gaan nou deur die onderwysers Alida Duvenhage en Liana Kriel verdere opleiding ontvang om ook hul praktiese gradering te verwerf sodat hulle as skeidsregters by wedstryde kan optree. Die leerders wat een van die dae met ’n fluitjie langs die baan sal staan, is (van links agter) Chanel de Guisti, Kayla Jordaan, Reshon Brown, Abigayle de Kock, Lerize de Villiers, Bea-Mari Keuzenkamp, Lara Terblanche en Marietjie Cilliers. Middel: Megan Parkin, Autumn Moos, Hanna van Zyl, Anoxolo Maqubela, Chaseade Beyers, Megan Mol en Abigail Makepeace. Voor: Alida Duvenhage (SA skeidsregter en onderwyser), Zinathi Fukweni, Samantha May, Cheyanne Els, Lutho Phumelo, Leigh-Che Arendse, Anke Botha en Liana Kriel (SA skeidsregter en onderwyser). Werlize Pienaar en Mikayla Furlong was afwesig toe die foto geneem is.Foto:


G’n voetfoute by dié nuwe skeidsregters nie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article