Die sibbe Armin en Mia du Plessis en Kaylee Puren (afwesig), leerders aan die Hoërskool Strand, het die onlangse skoolvakansie as lede van die Wes-Kaapse gimnastiekspan aan die Suid-Afrikaanse gimnastiekkampioenskap deelgeneem. Mia het ’n vierde plek vir vlak 6 artistiese gimnastiek behaal en Armin het ’n bronsmedalje in tuimel (vlak 4), vierde plek in Euro-trampolien (vlak 4) en negende in dubbel-mini-trampolien (vlak 5) behaal. Hy het ook aan die artistiese gimnastiek (vlak 4) deelgeneem. Kaylee het ’n tweede plek in die artistiese afdeling vir vlak 4 aangeteken.Foto:


Gimnaste skitter

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article