Kranige gholfspelers van die Helderberg en ondersteuners van Hoërskool Parel Vallei het Woensdag 24 Oktober by die Erinvale-gholfbaan byeengekom ter ondersteu­ning van dié skool se jaarlikse gholfdag.

Altesaam 32 vierballe het ingeskryf om nie net vir die pryse mee te ding nie, maar ook dié dag te geniet.

De Wet Schreiber, voorsitter van die PV-gholfkomitee, het alle betrokke spelers, borge en ouers bedank vir hul bydraes en ondersteuning.

“Die gholfdag en lootjie-kompetisie was ’n reusesukses,” het Schreiber gesê.

“Ons bedank ook graag in die besonder ons hoofborg, Kwikspar Somerset Lion’s Square, vir hul deurlopende ondersteuning en passie vir PV.

“Ons is baie gelukkig om die ondersteuning van toegewyde ouers sowel as so baie vriende in die Helderbergkom en die breër gemeenskap te hê. Ons gholfdag was werklik ’n dag sonder gelyke in die ware Blue Thread-gees van PV.”


. Die vierbal van Villa Crop, met spanlede Nelia Schreurder, Jaques Slabber, Pierre Slabber en Gerrit Kuhn, het die beste telling behaal en is gekroon as die algehele wenners van die gholfdag.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article