Chantal Cerfontein oorhandig 'n geskenk aan een van die gevierde vroue
Die raadslid Chantal Cerfontein (subraad 8-­­ voorsitter) oorhandig ‘n geskenk aan een van die gevierde vroue.

Geskenke, blomme vir Strand-vroue by Value Women More-viering

Chantal Cerfontein oorhandig 'n geskenk aan een van die gevierde vroue
Die raadslid Chantal Cerfontein (subraad 8-­­ voorsitter) oorhandig ‘n geskenk aan een van die gevierde vroue.

Uitsonderlike vroue in Strand is Donderdag 10 September by ‘n spesiale Value Women More-geleentheid gevier.

Die viering, by die Beverly Hills Life Change Centre, is deur die Helderbergtak van Oasis – Reach for your Dreams, aangebied om vroue vir hul bydraes tot die gemeenskap te vereer. Die gaste is met ‘n heerlike middagete en geskenkpakkies bederf.

‘n Verdere verrassing was pakkies koekies van Nosh4Josh, wat deur Sandy Pekeur-Sandy aangebied is. Die koekies word met liefde deur neurodivergente mense gemaak.

Die Stad Kaapstad het die subraad 8-lid Gertruida Hendricks en pastoor Melony Oliphant met bosse blomme vereer.

Denver Oliphant, Melony Oliphant, Gertruida Hendricks, Chantal Cerfontein en Nico Beukes.
Die organi­seerders en eregaste: Apostel Denver Oliphant, pastoor Melony Oliphant, Gertruida Hendricks (Oasis Helderberg), die raadslid Chantal Cerfontein (subraad 8-voorsitter) en Nico Beukes.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • DistrictMail & Helderberg Gazette – E-Edition – 30 September 2026
    DistrictMail & Helderberg Gazette – E-Edition – 30 September 2026

Gift this article