Een van die Williamse se voertuig is erg in die aanval beskadig.Foto’s: Rick Marais


’n Huisgesin van Broadlandspark is nog geskok ná ’n aanval by hul woning waar talle skote afgevuur is en vyf mense beseer en in gevaar gestel is.

Raymond Williams (50) en sy familie is erg getraumatiseer toe ’n groep van sowat 34 gewapende bendelede glo Sondag 6 November op hom, sy vrou (56), hul twee seuns (32 en 25), sy skoondogter (21), sy skoonsuster se tienerseun (18), sy swanger kleindogter (19) en ’n vriendin (30) wat ten tyde van die voorval na drie babas (een maand, twee en vyf jaar oud) in die huis in Wildegansstraat omgesien het, toegeslaan is.

Dit terwyl twee kinders, die bure se 10-jarige seuntjie asook een van dieselfde ouderdom wat dikwels ’n saamrygeleentheid met Williams kry, by hulle gekuier het (“Vyf gewond toe skote klap”, Distrikspos & Helderberg Gazette, 9 November”).

Die twee tienjariges en die 18-jarige seun is in die voorval gewond en is ná die tyd deur Williams en ’n buurman na Strand-brandweerstasie gehaas.

Die twee tienjariges wat skietwonde in die buik opgedoen het, is volgens die Williams-gesin albei ontslaan en sterk tuis aan.

Volgens Williams het alles die oggend voor die voorval begin, toe sy skoonsuster se 14-jarige-kind glo gesteek is en na die hospitaal geneem is. Die kind is ook van sy geld beroof.

“Ek het hulle gevra waarom hulle (bendelede) dit aan my neef gedoen het. Ek is toe met ’n vuurwapen oor die kop geslaan,” onthou Bernard Plaatjies, Raymond se oudste seun.

Hy vertel ná die voorval die oggend het hulle ’n saak by die polisie geopen. “Daardie aand toe kom hier ’n klomp mense aan, maar die bedoeling waarmee hulle gekom het, was nie reg nie.

“Ons wou nie praat nie en ene Edgar Lewis staan toe voor ons huis met sy hand op sy vuurwapen.”

’n Bottel is toe gegooi en dis toe die hele woeligheid uitbreek by die huis waar daar verskeie skote afgevuur is en die vyf mense beseer is.

Lewis, Aubrey Lewis (Edgar se seun) en Kamalie Roos is kort ná die aanval deur die polisie se teenbende-eenheid in hegtenis geneem.

’n Vierde verdagte (wie se identiteit nog nie bekend gemaak mag word nie) is Maandagaand (14 November) deur die teenbende-eenheid in hegtenis geneem.

Die vier verdagtes word aangehou tot die saak môre (Dondedag 17 November) in die Strand-landdroshof voorkom.

’n Koeëlgat in een van die gesin se kombuis­kaste ná die aanval. Foto: Rick Marais

’n Ligte skiet wond wat Bernard Plaatjies tydens die aanval op sy een hand opgedoen het.Foto: Rick Marais

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article