Die suksesvolle o.12-juniorspan van Excelsior Ladies Football Academy saam met hul afrigter Megan Meyer na hul 4-1 oorwinning.
Die suksesvolle o.12-juniorspan van Excelsior Ladies Football Academy saam met hul afrigter Megan Meyer na hul 4-1 oorwinning.

Die Excelsior Ladies Football Academy se juniorspan van Strand wat Mitchell's Plain Academy met 4-1 verslaan het.
Die Excelsior Ladies Football Academy van Strand het die afgelope naweek wisselende resultate behaal. Die seniorspan het op Saterdag 14 Junie ‘n swaar nederlaag gely toe Winnie’s Ladies van Gugulethu hulle met 7-0 op die Lwandle-sportgrond oorweldig het in ‘n wedstryd van die Suid-Afrikaanse Voetbalvereniging Kaapstad se Vroue Streekspromosieliga (Stroom D). Die juniorspan het egter die Helderberg-gemeenskap trots gemaak met ‘n oortuigende 4-1 oorwinning oor Mitchell’s Plain Football Academy. Hierdie wedstryd, deel van die plaaslike Voetbalvereniging Mitchell’s Plain se meisies onder 12-liga (eerste rondte), is op dieselfde dag by die Strandfontein-sportgrond gespeel. Die seniorspan kry op Saterdag 21 Junie ‘n geleentheid om hul vorm te verbeter wanneer hulle op hul tuisveld teen Royal Titans Ladies FC speel. Die span is vasberade om hul eerste oorwinning van die seisoen te behaal en sodoende weg te beweeg van hul huidige posisie as naasverloorspan op die puntelys. Die juniorspan, wat nou reeds die smaak van oorwinning ken, beplan om hul wenmomentum voort te sit wanneer hulle op Saterdag 21 Junie teen die onder 12-meisies van Hotspurs in aksie tree. Foto: (Agter van links) Megan Meyer (afrigter), Amy Peterson, Emmy, Zara Happie, Cleo Fortuin, Tatum Debiparsad, Roegshana Lodewyk en Riaz Mohamed. Voor: Farida Lodewyk, Maryam Arnold, Marya Daniels, Winolia Southon en Madison Meyer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article