Op die foto (agter van links) is AO Nico Beukes en superintendent Mark Dearden; (middel) Niklaas Thysen, Manfred Jumat en Patrick Sauls. Voor: Lillian Albertyn, Danfred Kleinschmidt en Baron Farmer. Credit: Barend J. Williams

Die Strand se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en Broadlandspark-buurtwag is met sertifikate by die GPF-provinsiale raad se waarderingsprysuitdelingseremonie, wat op Saterdag 22 Februarie plaasgevind het, vereer. Die sertifikate was ter erkenning van die veiligheidorganisasies se uitsonderlike verbintenis tot hul gemeenskappe. Die voorsitter van die Strand-GPF, Niklaas Thysen, het die sertifikaat van waardering aan die buurtwag se verteenwoordiger, Manfred Jumat, op die GPF se maandelikse vergadering op Donderdag 27 Februarie oorhandig. Die erkenning was vir hul uitstaande veiligheidspatrollies in Broadlandspark – ten spyte van die moeilike omstandighede en uitdagings. Op die foto (agter van links) is AO Nico Beukes en superintendent Mark Dearden; (middel) Niklaas Thysen, Manfred Jumat en Patrick Sauls. Voor: Lillian Albertyn, Danfred Kleinschmidt en Baron Farmer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article