Die 66-jarige Mauritz Rossouw, wat daarvan beskuldig word dat hy ’n hond na bewering doodgemartel het, het hom weer Maandag (3 Junie) in die beskuldigdebank by die Strand-landdroshof gevind. Die hofverskyning volg nadat die verdagte Woensdag 3 April in verband met die beweerde voorval, wat by ’n huis in die Van Ryneveld-woonbuurt afgespeel het en deur ’n 58-jarige ooggetuie op video vasgevang is (“Hond doodgemartel,”DistriksPos & Helderberg Gazette, 10 April). Die beeldmateriaal wys hoe die troeteldier genaamd Olof glo met ’n tou gewurg en met ’n kombers gesmoor word. Olof is na die dierewelsynsvereniging geneem waar die rifrug-boerboel-kruising amptelik dood verklaar is. Rossouw het Woensdag 10 April op aanklagte van wreedheid teenoor diere in die Strand-landdroshof verskyn. Die saak is met die mees onlangse hofverskyning tot Maandag 5 Augustus uitgestel. Links is gemeenskapslede wat Maandag buite die hof bymekaargekom het in teenstand van die beweerde grudaad wat skokgolwe deur die Helderberg-gemeenskap gestuur het, om saam te staan vir geregtigheid vir die vierpotige vriend. Foto: Jamey Gordon


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article