Niklaas Thysen, Strand-GPF voorsitter, spreek inwoners toe by die imbizo.
Niklaas Thysen (voorsitter van die Strand-GPF) spreek die inwoners toe by die Strand-polisie gemeenskapsimbizo, Donderdag 17 Julie

Strand-polisie hoor gemeenskap se bekommernisse by gemeenskap-imbizo

Niklaas Thysen, Strand-GPF voorsitter, spreek inwoners toe by die imbizo.
Die Strand-polisie en die Strand se Gemeenskapspolisiรซringsforum (GPF) het verlede Donderdag (17 Julie) ‘n gemeenskapsimbizo by die Casablanca-saal aangebied. Casablanca se saal is vir die geleentheid gekies omdat die gebied een van die polisie se brandpunte is en dit ‘n kans geskep het om met die gemeenskap hande te vat. Die doel van die imbizo was vir die polisie om terugvoer van die gemeenskaplede te kry sodat hulle strategieรซ kan instel om polisiedienste in Strand te verbeter. Die polisie en GPF het op ‘n beter opkoms gehoop, maar was tevrede dat sommige inwoners kon uitkom en hul stemme verhef. Niklaas Thysen, die voorsitter van die Strand-GPF, het inwoners by die Imbizo toegespreek. Credit: Barend Williams
AO Nico Beukes, koรถrdineerder vir sosialemisdaadvoorkoming, het die Strand-imbizo gelei.
Adjudant-offisier Nico Beukes, die Strand-polisie se koรถrdineerder vir sosialemisdaadvoorkoming, het die imbizo gelei.
Kapt. Vanessa Daniels lewer kwartaallikse misdaadstatistieke: kontakmisdade af 15%, bedrog op 8%.
Kapt. Vanessa Daniels het die kwartaallikse syfers gelewer: Kontakmisdade het met 15% afgeneem, maar bedrog het met 8% toegeneem.
Lisa Visser van Rusthof se Gemeenskap in Blou spreek kol. Nodume aan oor beskerming van geslagsgeweld-slagoffers.
Lisa Visser van Rusthof se Gemeenskap in Blou het die Strand-polisie se nuwe stasiebevelvoerder, kol. Atwell Nodume, aangespreek oor die veiligheid van slagoffers van geslagsgebaseerde geweld. Sy het beklemtoon dat slagoffers wat klagtes teen hul misbruikers aanmeld, as gevolg van die stadige proses om verdagtes in hegtenis te neem, geen beskerming kry nie.
Willie Engelbrecht vra kol. Nodume oor sjebiens waar polisie verbyry en stel voor dat honde-eenhede dwelmhuise deursoek.
Willie Engelbrecht het kol. Atwell Nodume om antwoorde gepeper oor die sjebiens in Strand waar polisiebeamptes glo net verbyry sonder om hul plig te doen. Hy het ook gevra dat honde-eenhede gebruik word om dwelmhuise te deursoek.
Felicity Ndzule van Casablanca-buurtwag bevraagteken polisie se reaksietyd en waarsku oor gevaar vir gemeenskap.
Felicity Ndzule van die Casablanca-buurtwag het haar spreekgeleentheid gebruik om die polisie se reaksietyd te bevraagteken. Sy het bygevoeg dat beamptes se trae reraksie gemeenskapslede in gevaar plaas.
Nellie Ross spreek ontevredenheid uit oor polisie se geweld op haar eiendom.
Nellie Ross het haar ontevredenheid uitgespreek oor die polisie se geweldsgebruik op haar eiendom.
Nuwe stasiebevelvoerder kol. Nodume gee aandag aan klagtes en vra gemeenskap om verdagte voertuie te rapporteer.
Die nuwe stasiebevelvoerder van die Strand-polisie, kol. Atwell Nodume, het aan inwoners se klagtes aandag gegee. Hy het gesรช hy sal die beamptes aanspreek oor hul reaksietyd en tydige inhegtenisneming van verdagtes. Nodume het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om voertuie wat verby misdaadtonele ry, aan te meld deur die voertuie se nommers aan te teken. Niklaas Thysen (voorsitter van die Strand-GPF) en Dean Rulse (verteenwoordiger vir die provinsiale Departement van Polisietoesig en Gemeenskapsveiligheid) kan in die agtergrond gesien word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article