Kursusgangers ontvang Gemeenskap in Blou-opleiding by Rusthof Primêre Skool van ervare polisie-instrukteurs.
Kursusgangers ontvang Gemeenskap in Blou-opleiding by Rusthof Primêre Skool van ervare polisie-instrukteurs.

Kursusgangers ontvang Gemeenskap in Blou-opleiding by Rusthof Primêre Skool van ervare polisie-instrukteurs
Die Strand- en die Somerset-Wes-polisie het Sondag 17 Augustus ‘n gesamentlike “Gemeenskap in Blou”-opleidingsessie by Rusthof Primêre Skool aangebied. Altesaam 63 kursusgangers uit die Strand- en Somerset-Wes-gebied het die opleiding bygewoon. Almal kom uit verskillende gemeenskappe soos Chris Nissen-park, Lourencia-park, Garden Village en Pinkster-park. Die sessie was daarop gemik om deelnemers toe te rus met vaardighede vir hul patrolliewerk. Die ervare instrukteurs was kapt. Charles Ruffel (stasiebevel- voerder van die Somerset-Wes/Sir Lowry’s Pass-satellietstasie), AO Leonard Cloete, AO Francois Visser en sers. Rico van Deventer, wat gesamentlik meer as 127 jaar diens in die polisie het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article