Die Strand-tennisklub het onlangs die jaarlikse Growthpoint Top Guns-streektoernooi aangebied. Liga-spanlede van die Kaapse wynlande het deelgeneem en die wenners van die A-afdeling sal van 28 April tot 1 Mei volgende jaar in die nasionale toernooi by Sun City meeding. Altesaam 19 spanne van Brackenfell, Durbanville, Kuilsrivier, Rekreasie, Malmesbury, Vredenburg, Country Club en Strand het in die afgelope toernooi as deel van die A- en B-afdelings deelgeneem. Die Strand-tennisklub is trots om aan te kondig dat hy vir ’n tweede keer as die “Top Guns” uit die stryd getree het. Baie geluk aan JP Joubert, Amy Olivier, Abigail Kitshoff en André du Plessis, wat gouemedaljewenners in die A-afdeling was. Die naaswenners in die A-afdeling (silwermedaljes) is James Howard, Jani Steyn, Ane Havenga en Dimitri Marais van Malmesbury. Die wenners in die B-afdeling was Country Club se Danie Lubbe, Elsa Odendal, Jenny Westray en Justin Williams. Die naaswenners in dié afdeling was Malmesbury met David Isaacs, Jessie Liebenberg, Emci Dippenaar en Kristoff Isaacs.

JP Joubert, Amy Olivier, Abigail Kitshoff en André du Plessis het die A-afdeling gewen.

James Howard, Jani Steyn, Ane Havenga en Dmitri Marais het silwermedaljes in die A-afdeling opgeraap. Foto:

David Isaacs, Jessie Liebenberg, Emci Dippenaar en Kristoff Isaacs het in die B-afdeling deelgeneem en silwermedaljes verower.

Die wenners van die B-afdeling: Danie Lubbe, Elsa Odendal, Jenny Westray en Justin Williams.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article