Die Excelsior Ladies Football Academy is Saterdagoggend (1 Maart) by die Gustrouw-sportgronde in Strand bekendgestel. Die akademie is ’n lewenslange droom van voorsitter, Megan Meyer, wat verwesenlik het nadat die jongeling, Gia Debiparsard, gevra het waarom daar nie ’n sokkerspan vir meisies van die gemeenskap is nie. Meyer, ’n voormalige speler, was moeg daarvoor dat vrouesokker steeds ’n agterste sitplek teenoor hul manlike eweknieë inneem. Sy sê die span het ten doel om nie net spelers se vaardighede op die veld te verbeter nie, maar ook hul indiensneembaarheid en lewensvaardighede te bevorder. Sy het nou ’n groter droom vir die akademie en hoop om die span in die Hollywoodbets-superliga, die hoogste vlak van vroueverenigingsokker in die land€ , te sien speel. Die akademie is oop vir alle vroue en meisies tussen die ouderdom van agt en 45 jaar met ’n belangstelling in die sport. Hulle fokus op spelers- en afrigterontwikkeling volgens die leuse, “Streef na uitnemendheid”, deur hul kernwaardes van professionaliteit, respek, en integriteit. Belangstellendes kan vir Meyer by 084 810 3878 bel. Hier is Meyer (regs) wat tydens die bekendstelling die Excelsior Ladies Football Academy amptelik geopen het deur die seremoniële lint te kn


Die akademie se junior span se uitrusting is ook tydens die bekendstelling onthul deur Gia Debiparsad, die inspirasie agter die klub, en Megan Meyer.

Elzana October het ’n motiverende gedig vir die klub voorgedra om hulle vir die toekoms te bemoedig.

Tydens die bekendstelling van die Excelsior Ladies Football Academy is hul uitvoerende komitee ook voorgestel. Agter, van links: Nabilah Ebrahim, Chevan Deiparsad en Margo Kalla. Voor: Valdene Sauthon, Megan Meyer en Janine February. Afwesig: Theresa Mohamed en Renaldo Meyer.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article