Strand United-rugbyklub het die afgelope Vrydag (29 November) sy produksie Kinders van die Strand in die Dr. G.J. Joubert-skoolsaal aangebied. Die saal was propvol entoesiastiese ondersteuners, wat ’n aand vol musiek, dans, en lag kom geniet het. Die geleentheid het nie net die ryk talente van die gemeenskap uitgelig nie, maar ook as geldinsameling vir die klub gedien. Die program het gehore met ’n indrukwekkende reeks optredes bekoor. Sangers soos Carlethea, Lesley-Ann Harker en Shameen Petersen het hul stemme laat hoor met emosiebelaaide vertonings, terwyl dansgroepe soos Riverside, Usual Suspects Dance en Bad Boy Chucky die verhoog met hul energieke bewegings laat lewe kry het. Die rap-kunstenaar Saarah The Lyrical Activist het gehore betower met haar meesterlike woordspel en diep lirieke, terwyl die sosialemediakomediant Zee@eez mense met sy unieke humor laat skaterlag het. Ghakeem Roman, in sy ikoniese karakter “Annie”, het as seremoniemeester die aand saamgeweef met lag en flair. Met Kinders van die Strand het Strand United-rugbyklub ’n aand geskep wat talent, vermaak en gemeenskapsgees op ’n merkwaardige wyse gevier het. Agter: Jayden van Niebes, Carmen Wildschutt en Mustapha Ramjee. Voor: Zaza Abraham (DJ) en Lesley-Ann Ha


Alie Fanie, Riaaz Ayman, en Nabeela Samuels beman die kaartjie toonbank by die Strand United se produksie Kinders van die Strand.

Shanaaz en Shakir Daniels wag in spanning vir die vertoning om by die Strand United produksie Kinders van die Strand te begin.

Sharon Hendricks, Asa Cupido en Rachmat Alexander geniet ‘n dames aand saam by Kinders van die Strand.

Strand United-lede Amen Young, Anwar Josephs, Gasant Fanie en Khalil Karan was verantwoordelik vir die braai van die aand.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article