’n Gedenkdiens om die lewe van Mbongi Esau te vier is verlede Donderdag (9 November) by Marvin Park Primêre Skool in Macassar gehou. Die geleentheid volg nadat dié gr. 3-leerder se lyk Sondagaand 22 Oktober in die gemeenskap gevind is (“Seun (9) se dood ruk gemeenskap,” DistriksPos & Helderberg Gazette, 25 Oktober). Mbongi se liggaam is in ’n rivier langs Kramatweg aangetref nadat hy Donderdagaand 19 Oktober vermis geraak het en ’n soekgeselskap sedertdien na hom gesoek het (“Vermiste seun (9) nog soek,” Netwerk24, 22 Oktober). Die negejarige van Smartie Town is na bewering Donderdagmiddag laas gesien toe hy saam met twee maatjies in die rivier gaan swem en vermoedelik verdrink het. ’n Begrafnisdiens vir Mbongi is Sondag 5 November gehou. Foto’s: Yaseen Gaffar


Marvin Park Primêr se personeel het ’n hartroerende sangitem gelewer.

’n Leerder het met ’n spesiale dansitem opgelewer.

Die onderwyser Randall Olsen ontvang blomme wat deur leerders opgemaak is ter nagedagtenis aan hul geliefde maatjie.

Die skoolhoof, Roekyda Kuys, het ’n finale register met ’n byeenkoms in die vierkant gedoen. Toe Mbongi se naam gelees is en doodse stilte geheers het, is sy naam amptelik van die lysie afgehaal.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article