Die atletiek-, tennis- en swem-kapteins van die Laerskool De Hoop, Beaumont Primary School en die Laerskool Lochnerhof is gereed om hul spanne tydens vanjaar se Rola-atletiek-interskole-kragmeting te lei. By hulle is die skole se onderskeie atletiekhoofde en verteenwoordigers van die borg, Rola Motors.


Die jong talentvolle atlete van drie plaaslike laerskole durf mekaar hierdie naweek (Vrydag 17 en Saterdag 18 Februarie) by die jaarlikse Rola-atletiek-interskole-kragmeting op die atletiekbaan aan.

Die swem-, tennis-, en mini-krieketspanne van die Laerskool De Hoop, Beaumont Primary School en die Laerskool Lochnerhof sê mekaar reeds sedert Dinsdag (14 Februarie) die stryd aan. Vrydag en Saterdag is dit dié skole se kranige atlete se beurt om hul krag in veld- en baannommers te wys.

Die Rola-atletiek-interskole-kragmeting vind op die atletiekbaan van die Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes plaas. Die verrigtinge begin Vrydag om 14:00 en word Saterdag van 07:30 af voortgesit.

Ondersteuners is welkom om die byeenkoms by te woon.

Sien foto’s van die skole se kapteine hieronder. 

Die atletiek-kapteins van die drie skole (van links) is Neville Lloyd en Karmi Karsten (Lochnerhof); Zachary Ribeiro en Ilke Stockigt (De Hoop); en Nina Watts en Cole Victor (Beaumont).

Die tennis-kapteins (van links) is Christiaan Fouché en Charlotte Bouwe (De Hoop); Migael Roos en Nina Burger (Lochnerhof); en Nina Coetzee en Erik Rijnburger (Beaumont).

Die swem-kapteins (van links) is Henry Goussard en Jumarie Esterhuyse (De Hoop); Nico Swart en Lulu Swanepoel (Lochnerhof) en Janno Botha en Sadie Dreyer (Beaumont).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article