Die vierbal is reg vir gholf: Rufus Swart, Bennie De Beer, Pieter Fourie en Durandt Swart. Foto: Rick Marais
Caddies by Strand Gholfbaan is reg vir die gholfdag. Die gholfdag is een van Hoërskool Strand se grootste fondsinsamelingsprojekte van die jaar.
Die vierbal was deel van ’n groep spelers wat eerste afgeslaan het op die Hoërskool Strand se gholfdag. Van links is Davy van der Westhuizen, Cobus Tait, Shaun van Vuuren en Carl Bodenstein.
Pieter Fourie moker sy gholfballetjie. Fourie was een van die 135 spelers wat aan die gholfdag deelgeneem het. Volgens Anso Kemp, Hoërskool Strand-bemarker, kan die sukses van hierdie dag gemeet word aan die betrokkenheid en ondersteuning van die gemeenskap, asook die bydraes van individue en maatskappye.


