Die Strand Voortrekkers het Saterdag 24 Augustus ’n gesinsdag vol pret en vermaak by hul perseël in Woltemadestraat, ter viering van dié organisasie se 92ste bestaansjaar, aangebied. Die dag het musiekoptredes, ’n potjiekoskompetisie, kindervermaak en kosstalletjies ingesluit. Hier is die ampsdraers van die Strand Voortrekkers (agter van links) Amanda van der Westhuizen, Chrisna van der Merwe, Zelmoniek Kleinhans, Niel Kleinhans, Amelia Vorster, Michelle Nepgen, Christo Nepgen en Andries Malherbe. Voor is Ghian du Toit and Bobbie Paxton. Foto’s: Yaseen Gaffar


Wedrich Wessels, Chris le Grange, Jacques Wessels, Rudi Nabal en Odwa Sikolakha was onder die eerstes wat hul vuur aan die brand gehad het in die potjiekoskompetisie.

Handre Janse van Rensburg en Nieko Strydom van die Alpha Pot-span.

Pieter en Werner Stears het ook aan die potjiekoskompetisie deelgeneem.

André Olivier, Martin Els, Charlie Olivier en Johann Smidt het met breë glimlagte die kompetisie aangedurf.

Henk en Lulu Swanepoel.

Lisa Stears en Renee Dippenaar het heerlike soetgoed by hul stalletjie verkoop.

Die Myburgh-gesin het die dag geniet. Van links is Adriaan, Susan, Elsabe, Amorie and Annelien.

Jaco Bester, sy seun Eli en Gareth Isaacks het die pretdag geniet

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article