Die musiekkunstenaar Marshin’ Hendrix (foto) het haar eerste konsert, Liefde Wen, op Vrydag 28 Februarie by die Strand-stadsaal aangebied. Die plaaslike sangvoël het ander talente ’n platform gegee om hul stemme te laat hoor en die gemeenskap ’n kans gebied om hul gunsteling sangers in lewende lywe te ervaar. Die aand is geopen deur Zayo en Jermaine Julies, wat hul sielvolle Afrikaanse liedjies na die Strand-verhoog gebring het. Die optrede is gevolg deur Somerset-Wes se eie Andrea “Anny” Fortuin, wat die verhoog met Kattie en Mr MP gedeel het vir ‘n voorsmakie van hul jongste enkelsnit, “Separate Ways”. Die gehoor is gelei deur Helderberg Radio-aanbieder Micka Alexander, en die konsert is afgesluit met ’n medley deur Hendrix self. Ná haar eerste konsert voel sy dit was ‘n reuse sukses, veral omdat dit die gemeenskap bymekaar gebring het om die liefde wat altyd wen, te vier. Foto: Barend J. Williams


Rowena Classen-Jacobus, Jade Marais, Megan Potberg, Juanita Beukes, Allerie van Wyk en Elrisha Davids het al die pad van Eersterivier gekom om die kunstenaars te ondersteun.

Kattie en Andrea “Andy” Fortuin tydens hul optrede van Separate Ways.

Tydens die konsert het Marshin’ Hendrix saam met seremoniemeester Micka Alexander gesit en gesels oor haar musiekloopbaan tot dusver. Hendrix het gesê die konsert was om ander Helderberg-kunstenaars te inspireer en hulle aan te moedig om elke dag hul drome na te streef.

Beanca Andrews en haar kroos het die konsert bygewoon. Caleb en Zoey Andrews het die prettige aand geskik vir die hele gesin geniet.

Marshin’ Hendrix sê sy kon dit nie sonder haar ouers doen nie. Hier is haar pa, Marshall Hendricks, en haar ma, Eltesha. Dis danksy hul onwrikbare ondersteuning en kragtige gebede dat sy ‘n suskesvolle loopbaan vier.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article