Interskole-koors het die afgelope naweek die Helderberg-kom getref met die Parel Vallei-Pearson-uitruil wat opwindende aksie opgelewer het. Spanne van verskeie sportsoorte het mekaar die stryd aangesê in kragmetings wat deel van ’n propvol program gevorm het. Bo is die rugby-uitblinker Renato Tosi in merkwaardige aksie nadat hy die bal vir sy span in ’n skrum losgebeur en aan ’n medespanlid gevoer het.Foto’s: Peter Bee


Die Hoërskool Parel Vallei se hokkiespeler Shane Romanes maak werk van die geleentheid om die bal vir sy span in die net te skiet.

Die netbalspelers Zoë Langeveld en Kimlin Adams maak staat op toegewyde span­werk om die bal uit die hande van ’n teenstan­der te gryp.

Leiers van die Parel Vallei-fietsry-pak, James Card, Gerhard Kruger, Arno Coetzer, Zander Compion en Max Vermaak.

Renato Tosi dwing ’n Pearson-teenstander grond toe in ’n aanslag om die bal af te neem.

Gerhard Kruger pronk met sy bewonderenswaardige fietsry-vaardighede tydens sy reis na die eindstreep.

Michael Kent in ’n prysenswaardige foto-oomblik waarin hy die bal met opwindende spel voer om sy span te bevorder.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article