ACVV Huis Marie Louw en Ruimtepark in Somerset-Wes het die lenteseisoen danksy Jannie du Toit, ’n trotse Helderberger en voorsitter van die Helderberg-blommeklub, met feestelikheid begroet! Die bejaardes van die tehuis in Faganstraat is op Lentedag (Vrydag 1 September) met optredes deur die legendariese country-sanger Tommy Dell, heerlike eetgoed en vrolike samesyn bederf. Pensioentrekkers wat as wenners met die mees oorspronklike of kreatiewe hoed aangewys is, het ook met wonderlike pryse weggestap. Dee Rossouw (86), Betsie Kellerman (82) en June Caplan (93) was die golden girls wat die lente met ’n veer in hul hoed verwelkom het. Benewens ’n unieke lentedag-hoed wat haar ’n geskenkie besorg het, spog Rossouw ook as ’n dekades lange Friedman & Cohen-werknemer, wat die skoonheidstoonbank beman het en eers op 72 jaar ná ’n suksesvolle loopbaan afgetree het.Foto: Jamey Gordon


Tommy Dell in sangaksie met ’n Elvis Presley-treffer wat die gehoor bekoor het.

Die jolige musiekoptredes het die bejaardes uit hul stoele gedwing en hul voete laat beweeg. Selfs die 100-jarige Muriel Dorothy “Dot” Mostert het op die maat van die musiek beweeg. Hier saam met die pensionaris wat haar verjaardag op 25 Februarie gevier het, is Toos Vrijberg.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article