Die eerste dag van die “groot” skool kan soms vir nuwelinge baie oorweldigend wees, terwyl dit vir ander ’n opwindende nuwe uitdaging is. Vir Callen Jeftha en Micha Stoffels het die trane omtrent gisteroggend (Dinsdag 14 Januarie) by Dr. G.J. Joubert Primêre Skool in Strand gevloei toe hulle van hul ouers moes afskeid neem. Die meeste van dié twee se gr. 1-klasmaats was wel baie opgewonde om die opwindende nuwe hoofstuk van hul skoolloopbaan te betree. Die gr. 1-leerders het tesame met die gr. RR- en gr. 4-leerders reeds gister vir die nuwe akademiese jaar aangemeld – gereed om nuwe avonture aan te pak! Foto: Barend J. Williams


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article