Paardevlei Checkers is Donderdag geopen en spog met al die winskopies.Foto: Yaël Malgas


Die Paardevlei-sentrum in die Helderberg is ’n eenstop-Checkers ervaring wat alles van inkopies, hondekos tot medikasie dek.

Donderdag 23 Mei het die Paardevlei Checkers, MediRite Plus, Checkers Outdoor en Pet Shop Science amptelike hul deure met vele winskopies oopgemaak.

Eens die tuiste van African Explosives and Chemical Industries (AECI) se plofstof en ammunisie vervaardiging, beteken Paardevlei het ’n ryk historiese nalatenskap. Moeite is gemaak om die erfenis van die geskiedkundige Paardevlei te behou aangesien drie erfenis geboue vandag steeds staan en in die ontwikkeling geïnkorporeer is. Benewens die alledaagse inkopies spog die nuwe Checkers met ’n uitgebreide kitskos-afdeling waar kopers sushi, Kauai, The Boerie Guy en ’n koffie en bederfie van Krispy Kreme kan kry.

Die kitskos-afdeling sit snoesig binne die geskiedkundige gebou en beteken oorspronklike karakter, soos die massiewe skuurdeur, is steeds te sien.

Om die draai is MediRite Plus wat op sy beurt onder meer ’n uitgebreide skoonheidsafdeling het. Opsoek na ’n lyfroom, babadoeke of kroniese medikasie? Kry dit alles hier.

En indien jou kleintjie van die viervoetige soort is, is Pet Shop Science waar jy moet wees. Dié spesialiteitswinkel het alles wat ’n troeteldier wil hê – van speelgoed tot gourmet hondekos.

Vir natuur- en kampliefhebbers is daar die nuwe Checkers Outdoor. Destyds is dié glas-gebou gebruik om die stoomlokomotief wat plofstof vervoer het, te huisves. Die stoomtrein is geskuif na buite die winkel, maar die treinspore is steeds onder glas in die winkel te sien, met die kraan wat werkers destyds gebruik het wat ook gerestoureer is.

Besoek die Checkers Paardevlei in die Paardevlei-sentrum in Somerset-Wes vir ’n alles-in-een inkopie ervaring.

Die wynafdeling spog met van die Boland se beste bottels. Foto: Yaël Malgas

Checkers se kitskos-afdeling spog met iets vir almal se smaak.Foto: Yaël Malgas

Sushi, vars gemaak wag op enigeen wat opsoek is na ’n smaaklike middagete.Foto: Yaël Malgas

Bederf jou troeteldier met ’n kopie van Pet Shop Science. Foto: Yaël Malgas

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article