Alexander en Christopher Smit van Hoërskool Strand het Saterdag 16 Maart aan die Wes-Kaapse moderne vyfkamp in Stellenbosch by Paul Roos Gimnasium deelgeneem. Alexander het goud en Christopher brons in die kategorie vir o.17-seuns gewen. Albei is in die Wes-Kaapspan ingesluit wat die naweek van Vrydag 3 Mei by Curro College in Hazeldean, Pretoria, aan die Suid-Afrikaanse moderne vyfkamp-kampioenskap deelneem.


Fikse broers na SA kampioenskap

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article