’n Leerder van Dr. G.J. Joubert Primêr in Strand is besig om naam te maak in die modelwêreld.
“Die eienaar van die modellering-skool het my aangeraai om my dogter in te skryf vir die kompetisie in Johannesburg. Ons was albei bang en opgewonde om te gaan. Ons het gevlieg vir die heel eerste keer, dit was so groot ervaring,” sê Samonay, haar ma.
By die kompetisie is sy in die sewe tot nege-jarige-ouderdomsgroep aangewys as nasionale skoonheid S.A. Emerald wenner asook die Royal Beauty S.A. Emerald wenner. Sy het ook spesiale toekennings ontvang was insluit die debutante toekenning, die sosiale media toekenning en die leifdadigheids koningin toekenning. Verder het sy ook uitgeblink in die nasionale skoonheid S.A. in die Wes-Kaap se wenner as ook die wenner van onderskeidelik die Royal Beauty S.A. Western Cape, Global Beauty S.A. Western Cape en die juweel van S.A. Wes-Kaap wenner. Sy is ook die wenner van die S.A. Ultimate Beauty in die Wes Kaap.



