ACVV Huis Soeterus hou Saterdag 4 Maart basaar om 09:00.

Basaar-gunstelinge en lekkernye soos basaarpoeding en ’n verskeidenheid tuisgebak sal op die dag te koop wees. Daar sal ook ’n naaldwerkstalletjie, wit-olifanttafel en tweedehandse klere-tafel wees, sowel as ’n springkasteel vir die kinders. Die ete van die dag, wat kerrie-afval en beespot is, sal teen R45 per bord verkoop word en moet teen Woensdag 1 Maart bestel word. Die basaar word by Olivierstraat 8, Strand gehou. Bel Huis Soeterus by 021 853 7423 om bestellings te plaas.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article