Klein Lochieland poog om elke jaar in die derde kwartaal ’n nuwe gemeenskapsprojek van stapel te stuur. Vanjaar het die ouerkomitee besluit om Heartlands Baby Sanctuary te ondersteun. Die sewe klasse van Klein Lochieland het die laaste vier weke elke week ander items ingevorder nadat hulle ’n lys oor die tehuis se grootste behoeftes ontvang het. Die sewe personeellede en een lid van die ouerkomitee het die artikels Vrydag 16 Augustus gaan aflaai. Hulle is op ’n toer deur die gebou geneem en verduidelik wat presies by Heartlands vir die kindertjies gedoen word. Dit het die personeel, wat elke dag met kinders werk, diep geraak en hulle is baie beïndruk met die ongelooflike werk wat hier gedoen word. Lede van die gemeenskap wat wil help, kan gerus die koffie- en tweedehandseklerewinkel ondersteun. Bo is Marialda Pienaar, Maritha Human, Janita Hanekom, Cara Morkel, Chantelle Retief, Carlene Henning, Paula Truter en Michelle Kruger by van die goedere.


Die ‘klein skooltjie met die groot hart’ reik uit

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article