Die jaarlikse Buitelewe- en Avontuur-ekspo is vanjaar van Vrydag 8 tot Sondag 10 November terug by die Elgin-sportklub buite Grabouw. Die byeenkoms behels uitstallings van die jongste buitelewe- en avontuurleefstyl-voertuie en -toerusting en is op die hele gesin gemik. Dit sluit gewone en veldrywoonwaens, 4×4-veldryvoertuie, nutsmotors en veral sportnutsvoertuie sowel as kampeer- en ander toerusting vir ’n vakansie of leefstyl in die veld in. Talle ander uitstallers sal ook betrokke wees, waaronder kos-, koffie- en wynuitstallers, ’n biertuin en vele meer. Die ekspo is nie net nog ’n skou en gewis nie ’n vlooimark nie – dit is ’n volbloed-buitelewe- en avontuur-ekspo vir die hele gesin. Kaartjies is by TicketPro te koop en die volledige program is by www.lrclassic.com te sien.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article