Dianei Bekker, ’n gr. 5-leerder aan die Laerskool Hendrik Louw, was die afgelope jaar deel van die aanlyn dramakursus SpeelToneel, waar die Binnelanders-aktrise Je-ani Swiegelaar as haar mentor opgetree het. Die jong dramastudent het elke maand agt aanlyn klasse bygewoon en moes dan aan die einde van die maand alles wat sy geleer het, in ’n kort toneelstukkie toepas. Swiegelaar het die volgende oor dié talentvolle Louwtjie te sê gehad: “Sy het dit met absolute toewyding aangepak en my elke maand verras met haar vordering op die gebied. In ’n tyd wat dit regtig moeilik is om positief en gemotiveerd te bly, het sy op so ’n jong ouderdom vasgebyt en seker gemaak haar werk is altyd betyds én van goeie gehalte. Om terugvoersessies ná elke opdrag met haar te hê, was ’n absolute fees en ek kon agterkom dat sy notas met groot volwassenheid neem, neerskryf en dan in haar volgende opdrag toepas.”


Dianei speel toneel soos gesoute akteur

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article