Die tienerseun wat van die grusame moord op Deveney Nel in Augustus 2024 aangekla word se volgende hofverskyning is aanstaande maand in die Wes-Kaapse hooggeregshof.
Eric Ntabazalila, die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se provinsiale woordvoerder, het aan DistriksPos & Helderberg Gazette se susterskoerant, Hermanus Times bevestig:
“Die direkteur van openbare vervolging, adv. Nicolette Bell, het beslis dat die saak in die hooggeregshof aangehoor sal word.”
Die saak is tot Woensdag 25 Junie uitgestel wanneer die hofdatum aangekondig sal word.
Die beskuldigde word ingevolge die Kinderwet aangekla aangesien hy minderjarig was toe hy na bewering die moord gepleeg het en in hegtenis geneem is.
Die beskuldigde mag dus ingevolge diรฉ wet nie geรฏdentifiseer word nie, hoewel hy in April vanjaar 18 jaar oud geword het.
Hy was 17 jaar oud toe hy op 16 Augustus 2024 in hegtenis geneem is โ ure nadat hy ‘n roudiens vir die 16-jarige Deveney, wat tot die personeel en leerders van die Hoรซrskool Overberg sowel as leerders se ouers beperk was, bygewoon het.
Die tienerseun is aan die einde van Januarie 2025 van die plek van veiligheid vir jeugdiges in konflik met die gereg na die Valkenberg- psigiatriese hospitaal oorgeplaas, waar hy ‘n maand lank sielkundige waarneming ondergaan het.
Nรก die waarneming is bevind hy is wel toerekingsvatbaar en dus geskik om verhoor te word.
Die NVG het ook bevestig dat die beskuldigde nรก sy 18de verjaarsdag na ‘n gewone korrektiewe sentrum oorgeplaas sou word.
Myfannwyn Strauss, ‘n gemeenskapsaktivis, ‘n lid van die ANC-vroueliga wat die saak sedert die beskuldigde se eerste hofverskyning op 19โAugustus 2024 bygewoon het, sรช die feit dat die saak na die hooggeregshof oorgeplaas word, gee die gemeenskap gemoedsrus dat geregtigheid vir die 16-jarige moordslagoffer sal geskied.
“Die gemeenskap se grootste wens is egter dat die verhoor in Caledon sal geskied sodat almal dit kan bywoon, soos met die Joshlin Smith-saak, waar die hooggeregshof in Saldanha gesit het. Ons beoog om ‘n petisie op te stel om te versoek dat die verhoor in Caledon sal geskied, maar as dit nie kan gebeur nie, sal ons nie toelaat dat dit ons onderkry nie. Ons sal ‘n plan maak sodat mense dit wel kan bywoon.”
Gemeenskapsaktivis Myfannwyn Strauss







You must be logged in to post a comment.