Betogers met plakkate het buite die plaaslike hof saamgedrom. Foto: Mitzi Buys

Die saak van die 18-jarige man wat Deveney Nel na bewering op 7 Augustus 2024 by die Hoërskool Overberg vermoor het, is verlede Woensdag (20 Augustus) in die Caledon-landdroshof na die Wes-Kaapse hooggeregshof vir die amptelike verhoor oorgeplaas.

Die saak het verder wye belangstelling gelok nadat die ma van die beskuldigde ‘n beskermingsbevel teen twee aktiviste, die media en die skrywer van ‘n boek verkry het. Die twee aktiviste is van mening dat niks hulle sal keer om die ma van Deveney te ondersteun en toe te sien dat reg sal geskied nie.

“Hierdie vyf protection orders wat sy teen ons gekry het, gaan nie die aandag van die saak van haar seun wegvat nie,” het een van die aktiviste op Facebook geskryf.

Die beskuldigde verskyn Vrydag 12 September in die Wes-Kaapse hooggeregshof op aanklagte van verkragting en moord.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article