Die rooi tapyt is Woensdag 7โOktober by Annikeslot 28, Sercorpark, uitgerol toe ‘n droom van 30 jaar vir Kinders vir die Koning (KvdK) ‘n werklikheid geword het.
Talle gaste het vir die inwyding van die kleuterskool bymekaargekom. Die lint is gesny en die deure is vir die kinders, hul ouers en die gemeenskap, wat die nuwe skool met sy roomkleurige gebou bewonder het, oopgemaak.
Die bestuur van KvdK het verseker dat die geleentheid nie net die voltooiing van die gebou vier nie, maar ook die mense en die werk onthou wat daaraan verbonde was.
Pastoor Alexander Amansure, wat die skriflesing en gebed gedoen het, het die reis met die storie van Nehemia se herbou van Jerusalem se mure teen alle teenstand vergelyk. David Gabriel, die voorsitter van die skool, het herdenkingsยญยญkerse ter nagedagtenis van afgestorwenes wat tot die projek bygedra het, aangesteek.

Lees ook: Kleuterskool se kombuis heropen
Die direkteur Frans Kersop het in besonderhede oor die stigtingsยญidee en oprigting van die geriewe vertel.
“KvdK is hier om die Koninkryk van God in die harte van jong kinders, hulle ouers en ‘n gemeenskap in nood uit te brei,” het Kersop gesรช.
KvdK het in 1995 begin toe Lynette van Dellen ‘n klub vir kinders in Casablanca begin het. Sy was ‘n lidmaat van die Nederduitse Gereformeerde kerk in Gordonsbaai. In 2007 het dit ‘n organisasie sonder winsoogmerk geword, met Elsa Verwey en die maatskaplike werker Wilma Piek, wat onverpoos gewerk het om die organisasie te vestig.
Die erf waar die gebou nou ยญstaan, is in 2009 deur Anton Fuchs geskenk.
Die skool is sedert 2015 uit die Casablanca-gemeenskapsaal bedryf, met Estie du Plessis aan die hoof van formele onderrig, bygestaan deur die onderwysers Roshanda Jack, Natasha Valentyn, Karen Herbert en Cheri-Lee Williams.
Oor die jare het verskeie uitdagings die projek vertraag โ finansieringsprobleme, munisipale uitdagings, kontrakteursprobleme en onverwagte terugslae het die pad bemoeilik.
Vordering
Sonia Leibrandt se leierskap as voorsitter en Helen Joubert se administratiewe werk het die projek deur die uitdagings ondersteun.
Karen Sieberts van die Asla-ยญstigting het projekbestuur hanteer, terwyl Riaan Phillips daagliks toesig gehou het. Peninsula Construction, onder leiding van Servaas Hofmeyer en Stefan Loedolf, het die bouwerk voltooi.

Die skool het in Februarie vanjaar aansienlike finansiering van die Tirisano-konstruksieยญtrust deur middel van die Asla-stigting verkry. Die trust het R6,15 miljoen bewillig en hul konsultante het toegesien dat gehaltestandaarde gehandhaaf word.
Die kinders het die nuwe gebou op 7 September betrek.
Van Dellen se klein kerkprogram, ‘n klub vir kinders, het drie dekades later ‘n ยญpermanente skoolgebou geword, wat die gemeenskappe van Casablanca en Sercorpark bedien.
By die inwyding het die verlede en die hede mekaar ontmoet om nie net die prestasies te vier nie, maar ook die skool se toekoms en sy potensiaal.

“Die Here het groot dinge vir ons gedoen, en ons is vol vreugde,” het Kersop gesรช, en sy woorde het die gees van die aand saamgevat.
“Die Here het groot dinge vir ons gedoen, en ons is vol ยญvreugde,” het Kersop gesรช.
Sy woorde het die gees van die aand saamgevat.
Lees ook: Kleuterskool blaas 40 kersies uit



You must be logged in to post a comment.