Sewe hokkiespelers van Laerskool De Hoop het vandeesmaand aan ’n o.13-hokkietoernooi in Paarl deelgeneem en baie goed gevaar. Ingrid Jooste, Lara Gouws, Bianca de Guisti en Helene McAslin (afrigter) was lid van die WP-Zebra-span wat die bronsmedalje gewen het. Ryan Williams (kaptein), Christo Swanepoel en Dylan van Wyk is in die WP-Zebra-seunspan ingesluit wat goud gewen het. Hanmaré McAslin was die kaptein van die WP-Disa-meisiespan wat ’n goue medalje gewen het.


De Hoop se trotse hokkiespelers!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article