A joint operation between Lwandle police and Cape Town Metro Police over the weekend of Friday 31 October to Sunday 2 November led to the confiscation of large amounts of dagga and 892,25 litres of illegal alcohol, as well as five arrests.
Lwandle police arrested a 42-year-old man on charges of dealing in dagga after a search at a house, suspected of being used to deal drugs, in Nomzamo on 31 October. During the search, police officers found 14 sealed bags containing dagga, 15 dagga cigarettes, two newspaper parcels containing dagga, two plastic bags containing dagga and loose dagga in a transparent bag. The 42-year-old appeared in the Strand Magistrates’ Court on charges of dealing in dagga on Monday (3 November).
On the same day, police arrested two women, aged 52 and 61, for selling liquor without a licence after searching their home in Lwandle and finding illegal alcohol. The following day (Saturday 1 November), police searched another home in Lwandle and found alcohol was being sold without a licence. This led to the arrest of a 49-year-old man and a 42-year-old woman. All four suspects were released from custody and appeared in the Strand Magistrates’ Court yesterday (Tuesday 4 November).
Die Khayelitsha-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het ‘n ondersoek van stapel gestuur, nadat ‘n 20-jarige vrou beweer het sy is Sondag (2 November) seksueel aangerand. Die voorval het volgens ‘n polisie-verslag om 00:15 by ‘n braai in Sercorpark, Strand, begin toe die verdagte die vrou glo gevra het om saam met hom te gaan om iemand af te laai. Die slagoffer beweer toe hulle alleen in die man se voertuig was, dat hy na ‘n oop veld in Gordonsbaai gery het. Dít is waar die aanranding glo plaasgevind het. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
’n Sewentien-jarige meisie is na bewering die afgelope Saterdag (1 November) om 07:45 seksueel aangerand terwyl sy by ‘n Strand-behuisingskompleks op haar rolskaatse gery het. ‘n Polisieverslag lui die minderjarige was aan die rolskaats toe ‘n onbekende man haar genader en gevra het om saam met hom te kom. Dit word beweer toe sy geweier het, het hy haar aangeval. Die meisie het op haar rolskaatse gevlug, maar die man het haar agtervolg. Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings hanteer nou die ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
’n Skietvoorval, wat Saterdag 1 November om 22:48 in Tracey-straat, Sercorpark afgespeel het, het tot ‘n poging-tot-moord-ondersoek deur die Strand-polisie gelei.
‘n Polisiebeampte op patrollie is na die toneel ontbied waar hy ‘n 28-jarige man met ‘n skietwond in die linkerknie aangetref het. Mediese nooddienste het die slagoffer na ‘n hospitaal vir behandeling vervoer.
Drie verdagtes word in verband met die skietvoorval gesoek, maar hulle is steeds op vrye voet.


