Clint Williams, ’n gr. 12-leerder aan die Hoërskool Strand, is vanjaar die enigste leerder van dié skool wat Saterdag 22 Oktober na die Stellenbosch-eisteddfod se prywennerskonsert genooi is. ’n Verdere eer het Clint te beurt geval toe hy ook genooi is om by dié geleentheid een van sy woordkunsinskrywings voor ’n uitgelese gehoor op te voer. Na afloop van die geleentheid is Clint met die Stellenbosch-eisteddfod-medalje vir beste dramadeel­nemer in gr. 12 vereer, die H. du Toit-beker vir beste hoërskooldrama-seun asook die Andreas van Wyk-beker vir beste senior in die dramatiese kunste.Foto:


Clint vaar skitterend!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article