AfriForum se buurtwag in Strand, naamlik die Strand Patrol-buurtwag, het in samewerking met die plaaslike polisie, die gemeenskapspolisiëringsforum, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies, Vrydag 8 en Saterdag 9 April ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 15:30 begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur. Altesaam 28 patrolleerders het aan die inisiatief deelgeneem en ’n totaal van 1 446,8 km in 19 voertuie afgelê. “AfriForum in samewerking met die Strand Patrol-buurtwag sal aanhou om ons gemeenskappe weerbaar te maak om Strand ook veiliger te maak vir alle inwoners,” sê KC Gericke, AfriForum se veiligheidsvoorsitter in Strand. Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).Foto:


Buurtwag in patrollie-aksie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article