Vroue in Aksie-leier Zorah Motasi spreek mense buite Strand-hof nadat broers borgtog gestaak het.
Vroue in Aksie-leier Zorah Motasi spreek mense buite Strand-hof nadat broers borgtog gestaak het. Credit: Barend Williams

Twee broers wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n negejarige meisie van Gustrouw verkrag het, het albei hul borgtogaansoeke laat vaar.

Die broers โ€“ onderskeidelik 19 en 17 jaar oud โ€“ het verlede Dinsdag (6 โ€‰Mei) weer in die Strand-landdroshof op aanklagte van verkragting verskyn nadat hulle daarvan aangekla is dat hulle die minderjarige vir vier maande seksueel aangerand het (“Broersโ€‰vasโ€‰virโ€‰gruwelike dade“, DistriksPos & Helderberg Gazette, 16โ€‰April).

Die oudste broer het eerste voor die landdros verskyn en die hof ingelig dat hy sy borgtogaansoek laat vaar. Die hofgalery was stampvol gemeenskapslede wat verheug nรก die 19-jarige se aankondiging geknik het. Nadat die saak deur die hof aangehoor is, moes die galery vinnig ontruim toe die 17-jarige beskuldigde se saak geroep is. Net die minderjarige se ma was in die galery toe hy voor die hof verskyn het en hy het soos sy broer ook sy borgtogaansoekโ€‰laatโ€‰vaar.

Terwyl diรฉ saak aangehoor is, het gemeenskaplede buite die hof saamgedrom om die nuus van die 19-jarige te vier.

Lisa Visser is dankbaar
Lisa Visser, ‘n lid van die nuutgestigte Leaders Network, het haar dankbaarheid teenoor die skare uitgespreek vir die bywoning van die hofsitting van twee broers wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n minderjarige in Gustrouw, Strand, seksueel aangerand het. Credit: Barend Williams

“Die feit dat die beskuldigde sy borgtogaansoek laat vaar het, is ‘n oorwinning vir ‘ons’ kind,” het Zorah Motasi, ‘n lid van die nuutgestigte Leaders Network, gesรช.

Die netwerk het twee petisies met meer as 3โ€‰000 handtekeninge by die hof ingedien, waarin geรซis word dat geen borgtog aan die twee beskuldigdes toegestaan โ€‹โ€‹word nie. (“Vroue ruk op na hof“, 30โ€‰April).

“Almal se bywoning hier vandag is net die kersie op die koek, want dit wys dat ons gemeenskap nie sal toelaat dat sulke grusame misdade gebeur en ongemerk in ons wagbeurt verbygaan nie,”

Zorah Motasi

Die 19-jarige beskuldigde se saak is tot Woensdag 18 Junie vir verdere ondersoek uitgestel en hy sal tot dan in aanhouding bly. Sy minderjarige broer se saak is tot Donderdag 5 Junie vir dieselfde redes uitgestel en hy sal ook in aanhouding bly.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article