Graag wil ek die datum regstel in die brief “Waterprobleem vinnig reg” (DistriksPos, 2 Februarie).
Dit was die oggend van Dinsdag 24 Januarie en nie Sondag 29 Januarie. Dr. Kato van Wyk was baie jare gelede die mediese superintendent van Hottentots-Holland Hospitaal en nie die Helderberg-hospitaal nie. Daardie jare het Mediclinic Vergelegen nie bestaan nie en het al die spesialiste uit die Kaap na Hottentots-Holland Hospitaal gekom.
Nogmaals, dankie aan Floris vir sy flink optrede.

