Strand se promenade behoort ’n groot pluspunt vir die kusdorp te wees, maar ongelukkig bring die munisipaliteit nie hul kant nie.

Vir maande al lê daar hope sand op die plaveisel – van die paviljoen se kant tot by Da Gamastraat se verkeerslig. Lank gelede was daar ’n span met een besem wat iets probeer doen het, maar die resultaat was onbevredigend.

Die winter kom aan en so ook die reën. Al hierdie sand gaan in die stormwater- of rioolstelsel afspoel en verstopping veroorsaak. Daar is reeds verstoppings in Kusweg by die Hibernia Towers-woonstelblok. Ek vertrou hierdie brief sal die betrokke persone by die munisipaliteit laat wakker skrik.

Anoniem,

e-pos

Die Stad Kaapstad reageer: “Skoonmaak sal help om die bekommernis aan te spreek sodra meganiese hulpbronne beskikbaar is. Gespesialiseerde reinigingsdienste het laas in die eerste week van Maart 2023 gehelp (verwys na die foto).”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article