Twee mense is beseer in ’n botsing tussen twee voertuie op die N2 onder die Kramatweg-brug verlede Maandag (17 Februarie). Volgens die Stad Kaapstad se verkeersdienste het beamptes om 14:38 op die ongelukstoneel aangekom. Een van die bane op die N2 is aanvanklik weens die botsing gesluit, maar is om 15:49 weer heropen. Hier is een van die voertuie wat in die botsing onder die Kramatweg-brug betrokke was, voordat dit weggesleep was. Foto: Barend J. Williams


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article