Die kinderboekskrywer Elizabeth Wasserman (tweede van regs) se eerste boek vir volwasse lesers, ’n misdaadfiksie getiteld Die Fantastiese Mevrou Smit, is verlede Woensdag (29 Maart) deur Penguin Random House en die Vriende van die Somerset-Wes-biblioteek bekend gestel. Die geleentheid het Woensdagaand by die Somerset-Wes-biblioteek in Victoria-straat plaasgevind en talle ywerige boekwurms gelok. Bo saam met die skrywer is Fransie Bergh (Bargain Books Waterstone Village-winkelbestuurder), Alicia Zerf (Bargain Books Waterstone Village-toesighouer) en die skrywer Bettina Wyngaard, wat tydens die lesing met Wasserman in gesprek was. Foto’s: Jamey Gordon


Alna Kruger (assistentbibliotekaris) van die Somerset-Wes-biblioteek, Nizamudien Bray (hoofbibliotekaris) en Karen Ellis (assistentbibliotekaris).

Wasserman se eggenoot, Marthinus Senekal, saam met Frieda le Roux (Penguin Random House-uitgewer).

Heidi Orth en Alna Kruger.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article