Twee rowe ruk besigheid in Strand, die voorvalle het ses dae uitmekaar plaasgevind.

Rick Marais

’n Sakeonderneming in Brewerystraat in Rusthof, Strand, het die afgelope week die tweede keer in ’n sakerooftog deurgeloop.

AO Nico Beukes, ’n woordvoerder van die Strand-polisie, het die rooftogte bevestig en gesê die voorvalle het onderskeidelik op Maandag 12 en Sondag 18 Junie by die Palm Supply Shop plaasgevind.

In die eerste voorval op verlede Maandag het vyf manlike verdagtes omstreeks 19:50 ingestap. Twee het vuurwapens uitgehaal en die onderneming se eienaar asook twee werkers gedreig. “Altesaam is R20 000 kontant en R30 000 se sigarette gebuit asook twee selfone in die voorval gesteel. Die rowers het in ’n onbekende voertuig van die toneel af gevlug,” sê Beukes.

’n Bisarre ding het egter gebeur toe dieselfde winkel presies ses dae later – verlede Sondag – weer ’n keer beroof is.

In die tweede voorval, het die rowers om 14:45 toegeslaan, en dié keer was dit ses manlike rowers wat weer eens twee vuurwapens uitgehaal en die eienaar en twee werkers gedreig het. Net een selfoon is dié keer gebuit, maar R20 000 kontant en R30 000 se sigarette is ook in hierdie voorval gesteel. “Beeldmateriaal van al twee voorvalle word bestudeer. Geen skote is afgevuur nie en niemand is in die rooftogte beseer nie.” Die polisie is soek nog na verdagtes.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article