Honderde mense by Followers of Christ Mission se derde jaarlikse bewusmakingsdag
Honderde gemeenskapslede en sprekers neem deel aan Followers of Christ Mission se derde jaarlikse bewusmakingsdag Saterdag 14 Maart. Foto’s: Barend Williams

Honderde gemeenskapslede het Saterdag 14 Maart na die Helderbergkom gestroom vir Followers of Christ Mission se derde jaarlikse bewusmakingsdag.

Die Awareness Day Event Volume 3 het op die plaas Rust en Vrede in Raithby plaasgevind en was daarop gemik om in die behoeftes van die gemeenskap en die kerk te voorsien en bewustheid te skep. By die geleentheid was daar lewendige musiek, spirituele dans sowel as inspirerende getuienisse deur Andrea Pretorius en Terswill Freeks.

Plaaslike organisasies soos Toba Foundation, Wandisa en Usiko het hul gemeenskapsprogramme en -inisiatiewe ten toon gestel.

Jenny Caughlan van Wandisa bespreek adopsieinisiatiewe
Jenny Caughlan van Wandisa vertel oor die organisasie se belangrike adopsiework.

Sake-ondernemings, insluitend Sanlam, Tucker Prokureurs en SA Home Loans, het leiding verskaf oor belangrike gesinsaangeleenthede soos polisse, versekering, testamente en meer.

Dit het deelnemers bemagtig om beheer oor hul toekoms te neem. Die dag was ‘n groot sukses, met deelnemers wat by verskeie organisasies en inisiatiewe betrokke geraak het. Followers of Christ Mission hoop om voort te gaan om gemeenskapsgees te bevorder en maatskaplike kwessies deur toekomstige geleenthede aan te pak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article